Die Wit Eend – Slawerny
My alarm was gestel vir 6:30 in die oggend. Ek was aan en af wakker deur die nagure, maar teen die tyd wat my alarm afgegaan het, was ek vas aan die slaap, dood aan die wêreld. In plaas van om die outomatiese “klik” van die alarm te hoor inskop, het ek ‘n man se stem hoor praat op die radio. Hy was besig om ‘n storie te vertel. Dit was amper asof die voorleser sy hele storie opgeneem het en teen 6:30 in die oggend ingestel was om te speel. Presies om 6:30 in die oggend het ek die man begin hoor praat, en dit is wat hy gesê het: “Een dag, lank gelede, was daar ‘n jong meisie en seuntjie wat in ‘n dorp gebly het. En een van die dae het hulle ma na hulle toe gekom en vir hulle gesê dat sy hulle by hulle ouma en oupa op die plaas gaan laat bly vir ‘n paar dae, terwyl sy en haar man (hulle pa) ‘n paar dae vir hulself neem. Die kinders was baie gelukkig en kon nie wag om ‘n avontuur op die plaas te geniet nie.
Die eerste nag op die plaas het beide kinders baie lekker geslaap en hulle is vroegoggend op met die eerste lig. Die jong meisie het saam met haar ouma gegaan om hulle werkies om die huis te voltooi, en die jong seuntjie is saam met sy oupa om hulle plaaswerk vir die dag te voltooi. Die eerste ding op die oupa se lys was om sy kleinkind te neem om ‘n outydse slingervel te maak. In die oupa se werkswinkel het hulle hout gebruik om die handvatsel in vurkvorm te voltooi, hulle het binnebuisrubber in stroke opgesny met sy sakmes, en hulle het ‘n stukkie ou skoenleer gebruik vir die slinger. Die jong seun was in verwondering toe hy die kettie gesien het wat sy oupa gemaak het, en hy kon nie wag om die kettie uit te toets nie. Die volgende oggend het die jong seuntjie klein klippies gaan soek en heel oggend alles geskiet wat sy oog gevang het, maar ongelukkig het die jong seuntjie niks raakgeskiet nie, en hy het begin wonder oor Koning David en sy vermoë met ‘n kettie.
Toe middagete naderkom, het die oupa sy kleinkinders ingeroep om te gaan eet. En soos die jong seuntjie na die agterdeur toe hardloop, het sy oog sy ouma se gunsteling wit eend gevang. Die eend het net daar gestaan, amper asof hy gewag het vir die jong seuntjie om te kom. Die seuntjie het gereken, aangesien hy sover niks geskiet het nie, sal dit nie ‘n verskil maak as hy die eend probeer skiet nie. Hy het geglo dat hy in elk geval sou mis. Soos wat die jong seuntjie die klippie geskiet het, het hy beleef hoe die klippie direk op die eend afpyl en toe die eend net daar neerval. Die eend het nie eers ‘n klein rukkie gegee nie, nee, hy was net daar op die plek dood. Die jong seuntjie was angsbevange, en in die oomblik het hy die eend gegryp en agter ‘n hoop gekapte hout ingehardloop. In trane het die jong seuntjie die eend se lyk onder die herfsblare bedek. Toe die seun omdraai om te sien of iemand hom gesien het, het hy sy sussie sien staar met ‘n klein bose glimlag op haar gesig. Die seuntjie sê toe vir sy sussie: “Asseblief, moenie vir ouma sê nie, asseblief, ek smeek jou!” Die sussie het agtergekom dat sy ‘n geleentheid het, en in volle selfvertroue het sy saamgestem om niks te sê nie.
Soos wat die kinders ingegaan het vir middagete, het die ouma vir haar kleindogter gevra om die tafel te dek en te help om die middagete te bedien. En die jong dame sê toe: “Ek dink Bennie sal dit eerder wil doen.” Die jong seuntjie, in vrees, het onmiddellik saamgestem en was vinnig op sy voete om te help. Na middagete het die ouma vir die jong meisie gevra of sy sal help om skoontemaak en die tafel af te dek. En die jong meisie het geantwoord: “Ek dink Bennie sal baie graag eerder jou wil help as om buite te speel.” En weereens het die jong seuntjie saamgestem en onmiddellik die ouma begin help. Dit het aangehou deur die dag, tydens aandete en tot en met bedtyd.
In die vroeë oggend het die ouma haar kleinkinders geroep vir ontbyt. Die reuk van koffie en spek in die vroeë oggend het heerlik geruik vir die kleinkinders. Die ouma het weer vir haar kleindogter gevra om te help met ontbyt. En weer het die kleindogter gesê: “Ek is seker Bennie sal ouma baie graag wil help.” Maar teen daardie tyd het die jong seuntjie uiteindelik in trane uitgebars van al die opgeboude skuld oor sy geheim. En met bitter woorde tussen sy snot en trane het hy gesê: “Ouma, ek is so, so jammer. Ek het gister oorals op die plaas gestap en alles probeer skiet met die kettie wat oupa vir my gemaak het, maar ek het niks raakgeskiet nie. En toe julle my vir middagete roep, het ek jou gunsteling wit eend by die buitedeur sien staan, en ek was so seker dat ek nie eers naby sou kom nie, maar hierdie keer toe ek geskiet het, het ek raakgetref en ek het ouma se eend doodgeskiet! Ek is so jammer, ouma! Ek is so jammer dat ek ouma se gunsteling eend doodgeskiet het! Ek het regtig nie bedoel om dit te doen nie!”
Die ouma het baie saggies op haar knieë gaan sit voor die jong seuntjie. Sy het sy klein gesiggie in haar hande vasgehou, met sagte oogies na hom gekyk en in alle wysheid het sy vir hom gesê: “My liefste kleinseun, ek weet. Ek het in die kombuisvenster gestaan toe dit gebeur het. Ek het dit alles gesien en ek het jou onmiddellik vergewe toe dit gebeur het. Ek het net gewonder hoe lank jy jou sussie sou toelaat om jou skuld teen jou te gebruik en jou ‘n slaaf te maak as gevolg van dit.”
God sien ons, Hy sien alles wat ons doen, en daar is niks van my wat God nie weet nie of nog nie gesien het nie. Niks. Daar is niks wat my oë kan sien wat God nie kan sien nie. En daar is geen siekte of donkerte in my hart wat God nie van weet nie, wat ek kan probeer wegsteek nie. Hy sien my in my slegste, mees kwesbare tye. Hy weet wat ek dink en doen in my mees kwesbare en blootgestelde tye agter toe deure. Hy weet alles.
Die Vader het een keer vir my ‘n vraag gevra. Hy het gesê: “Jy weet daardie dinge wat jy doen in die donkerte wanneer jy dink niemand kan sien nie? Doen jy daardie dinge omdat jy glo Ek jou nie kan sien nie? Of doen jy daardie dinge omdat jy nie omgee dat Ek jou kan sien nie?”
In die diepte van jou hart, onder al die fasades en lae, is dit ongeloof of net pure rebellie? Sekerlik altwee saam. Ek is nie mal oor die vraag nie. Dit is ‘n baie moeilike vraag en omdat dit so waar en blootstellend is, is dit hoekom ek nie baie van die vraag hou nie.
Ek wou vir ‘n oomblik Hom net nie antwoord nie, want elke antwoord waarmee ek kon opkom, was net nie goed genoeg nie, of net glad nie goed nie. Hmmmm, ek wonder watse vraag minder ongemaklik is, aangesien albei baie ongemaklike vrae is. Soos voorheen gesê, albei is die waarheid. En soos wat ek rondgesruikel het en probeer het om die antwoord te vermy, het ek in alle waarheid klaar die vraag beantwoord deur die gebrek aan ‘n antwoord. God stel toe nog ‘n vraag aan my: “As Ek jou vergewe het en jou sonde so ver weg van jou af plaas soos die Ooste is van die Weste en Ek jou sondes vergeet, wie is dit wat jou aanhou herinner aan al die dinge wat jy ooit gedoen het? En hoe lank sal jy hom toelaat om jou ‘n slaaf van jou sondes te maak?”
Op hierdie dag, in hierdie oomblik, vra ek vir jou dieselfde vraag: “As God al jou sondes vergewe het op die kruis waar Jesus gesterf het, wie is dit wat jou die hele tyd aan al jou sondes herinner? Wie is dit wat jou herinner aan die slegte dinge wat jy gedoen het? En hoe lank gaan jy jouself toelaat om ‘n slaaf van jou eie sonde te wees?”
Dankie aan diegene wat geluister het, ek is “Social Porter” met “Living in His Name Ministries”.