Wees Outentiek

Wees outentiek, geloofwaardig, eerlik en opreg.

“Titus 2:1 “Maar jy moet die dinge onderrig wat ooreenstem met gesonde onderrig, wat die karakter en regte lewe behels wat ware gelowiges identifiseer.”

Paulus het vir Titus opdrag gegee om gesonde onderrig toe te pas en die mense te leer hoe om reg te lewe, volgens God se Woord, sodat hulle as ware gelowiges in Christus geïdentifiseer kan word. Een van die grootste behoeftes van die kerk vandag is geloofwaardigheid. Ons, as gelowiges, word dikwels meer geken deur die wêreld,  vir waarteen ons staan, as waarvoor ons staan. Ek het na die stad toe gegaan en ‘n klein opname onder jong mense gedoen en was geskok om te ontdek dat baie, die kerk van vandag, beskou as bedrieërs, swendelaars, leuenaars, manipuleerders, egbrekers, ensovoorts. Ja, dit is die woorde wat baie gebruik het. Lewe ons die ‘wet’ of leef ons op aarde soos in die Hemel? Ons moet elkeen ‘n uitsonderlike lewensstyl kies wat die karakter en eienskappe van Jesus Christus weerspieël.

Wanneer ons ‘n Christelike “bumpersticker” op ons motor sit, juweliersware met ‘n kruis dra, of t-hempies met Skrifte dra, kan ons gerus wees dat mense kyk… hulle is op soek na egtheid. Ons moet die mense van God wees, nie net soos die mense van God lyk nie. Ons moet Jesus Christus weerspieël en die mense wees wat Jesus so graag wil hê ons moet wees.  Kom ons leef ‘n lewe wat die onderrig van die geloof mooi maak. Miskien moet ons studeer om te leer wat die einskappe van God is, en dan ‘n koers uitstippel om aanpassings in ons lewens te maak om die stralende goedheid van God te weerspieël. Kom ons besef dat dit dalk ‘n rukkie kan neem om eg en deursigtig te wees voordat ander begin glo in ons geloofsbewerings en ons ernstig opneem. Dit is nie genoeg om net rond te loop en Skrif aan te haal nie, die wêreld wil resultate sien wat ooreenstem met ons bewerings.

‘n Pragtige prentjie in die Skrif word gegee in Titus 2:1, waar ek glo dat een siening van die skrif ‘n beeld is van ‘n krans om die nek van elke gelowige in Christus Jesus. Daardie krans kan baie dinge verteenwoordig, maar vir hierdie bespreking, kom ons noem dit gesonde onderrig. Die idee van ‘n krans is ‘n oorwinning of kroon, maar dit is ook een van ‘n pragtige versiering om ‘n venster met ‘n uitsig. Elke gelowige is soos ‘n venster met ‘n uitsig, en die vrug van die Gees, heiligheid en Godsaligheid versier daardie venster, soos ‘n krans van genade. Daardie krans is vir elke gelowige, en daar is geen kantlynbankie vir die onbevoegde spelers nie. Elkeen is op die speelveld, self al dink jy nie jy is nie, luister na die Here… jy is. Hoe lyk jou krans?

Watter nut het dit om ‘n “Jesus is lief vir jou” stieker op jou motor te hê en dan padwoede te beoefen, of om onbeskof te wees teenoor mense met ‘n slegte houding, voor jou kollegas, of selfs waneer jy buite sig is van ander? Ons houding is aansteeklik. ‘n Paar goeie vra wat ons, onself kan vra, is : Wat vang ander mense van ons op?  Wie se lewe weerspieël ons wanneer ons daardie soort houding vertoon? Die bybel is ons finale maatstaf wat ons Gedrag, Karakter en Geselskap betref. 1 Timoteus 3:15 – “Ek skryf sodat jy mag weet hoe om jouself in die huis van God te gedra, wat die kerk van die lewende is, die pilaar en grond van die waarheid”. Hoe ons BINNE die huis is, is hoe ons BUITE die huis moet wees. Dit is ‘n ernstige misverstand van die Liefde van God wanneer ons “op ‘n Sondag na die Hemel toe gaan”, en dan die res van die week “soos die hel” leef. In jou gedagtes, hoe lyk dit as jy die  soort persoon sou wees wat heilig en soos God is in jou gedrag ? Sien jy jouself rondloop met ‘n gloeiende gloriekrans, wat lang gewade dra, heeltyd heilig opgetrek en altyd opkyk? Of dalk net ‘n gewone mens wat eenvoudig eerlik en eg is? Die Hebreeuse woord wat vir “heiligheid” gebruik word, impliseer sterk dat dit beteken om “afgesonder” te wees, of geskik vir ‘n spesifieke doel. Kom ons wees nie ontrou aan God se ontwerp nie.

Ek moedig ons almal aan om ons lewens te ondersoek en seker te maak dat die manier waarop ons lewe, sover ons kan, die Here te verteenwoordig.  Dat dit wat ons sê, geloofwaardig is. Wees eg.

Vertaling is deur Chané de Clercq

Dankie dat jy gelees het, ek is “Social Porter” van “Living in His Name Ministries”

Leave a Reply